Oggend (#3166)

Ek het onder U beskutting ontwaak, o my God, en dit pas hom wat daardie beskutting soek, om in die Heiligdom van U beskerming en die Vesting van U verdediging te bly. Verlig my innerlike wese, o my Here, met die prag van die Daeraad van U Openbaring, net soos U my uiterlike wese met die môrelig van U guns verlig het.

-Bahá'u'lláh
-----------------------

Oggend (#3167)

Ek het vanoggend deur U genade opgestaan, o my God, het my huis verlaat, vol vertroue in U, en het myself toevertrou aan U sorg. Laat daal dan uit die hemel van U genade, 'n seën van U sy op my en stel my in staat om terug te keer huistoe, net soos U my in staat gestel het om onder U beskerming uit te gaan, met my gedagtes standvastig op U gevestig.

Daar is geen ander God buiten U, die Enige, die Onvergelyklike, die Alwetende, die Alwyse.

-Bahá'u'lláh
-----------------------

Oggend (#3168)

Ek gee lof aan U, o my God, dat U my uit my slaap wakker gemaak het, en my ná my verdwyning voortgebring het, en my uit my slaap opgehef het. Ek het vanoggend ontwaak met my gesig na die luister van die Dagster van U Openbaring gerig. Waardeur die hemele van U mag en U majesteit verlig is, erken U tekens, glo in U Boek, en hou vas aan U koord.

Ek smeek U, by die sterkte van U wil en die gebiedende mag van U voorneme, om van dit wat U in my slaap bekend gemaak het die sekerste grondslag te maak vir die wonings van U liefde wat binne die harte van U bemindes is, en die beste middel vir die openbaring van die kentekens van U genade en U vriendelike goedheid.

Beskik U vir my deur U mees verhewe Pen, o my Here, die goeie van hierdie wêreld en die komende. Ek getuig dat die teuels van alle dinge binne U bereik gehou word. U verander hulle soos dit U behaag. Geen God is daar behalwe U nie, die Sterke, die Getroue.

U is Hy Wat deur Sy gebod vernedering in glorie verander, en swakheid in sterkte, en magteloosheid in mag, en vrees in kalmte, en twyfel in sekerheid. Geen God is daar behalwe U, die Magtige, die Liefdadige.

U stel niemand teleur wat U gesoek het nie, nòg hou U terug van U iemand wat U begeer. Beskik U dit vir my wat die hemel van U vrygewigheid en die oseaan van U mildheid betaam. U is, voorwaar, die Almagtige, die Kragtigste.

-Bahá'u'lláh
-----------------------

