Kinders (#3135)

O God, lei my, beskerm my, verlig die lamp van my hart, en maak my 'n skitterende ster. U is die Magtige en die Kragtige.

-`Abdu'l-Bahá
-----------------------

Kinders (#3136)

O U suiwere God! Ek is 'n klein kind; gee dat die bors van U vriendelike goedheid dié bors mag wees wat ek bemin; laat my gevoed wees met die boesem van U kennis, en verleen my edelheid en wysheid terwyl ek nog 'n kind is.

O U die Selfvoldoende God! Maak my 'n vertroude van die Koninkryk van die Ongesiene. Voorwaar, U is die Magtige, die Sterke.

-`Abdu'l-Bahá
-----------------------

Kinders (#3137)

O my Here! O my Here!

Ek is 'n kind van teer jare. Voed my uit die bors van U genade, lei my op in die boesem van U liefde, voed my op in die skool van U leiding en ontwikkel my onder die skaduwee van U mildheid. Bevry my van duisternis, maak my 'n skitterende lig; maak my van ongelukkigheid vry, maak my 'n blom van die roostuin; laat my 'n dienaar van U drumpel word en ken aan my die aanleg en geaardheid van die regskapenes toe; maak my 'n aanleiding tot mildheid aan die menslike wêreld en bekroon my hoof met die kroon van die ewige lewe.

Voorwaar, U is die Sterke, die Magtige, die Siener, die Hoorder.

-`Abdu'l-Bahá
-----------------------

Kinders (#3138)

O God! Voed hierdie kinders op. Hierdie kinders is die plante van U boord, die blomme van U weiveld, die rose van U tuin. Laat U luggie hulle verfris sodat hulle mag opgelei word, groei en ontwikkel en in die uiterste prag verskyn. U is die Gewer. U is die Medelydende.

-`Abdu'l-Bahá
-----------------------

Kinders (#3139)

O God! Maak hierdie klein Bába groot in die boesem van U liefde en gee dit melk van die bors van U Voorsienigheid. Kweek hierdie fris plant in die roostuin van U en help dit om deur die buie van U milddadigheid te groei. Maak dit 'n kind van die Koninkryk en lei dit na die ryk van U hemel. U is sterk en vriendelik, en U is die Skenker, die Vrygewige, die Here van alles-oortreffende milddadigheid.

-`Abdu'l-Bahá
-----------------------

